Home Mountain Ridge Mountain Ridge Bulk Wines Our Wines Our Wines Mountain Ridge Mountain Ridge Mountain Ridge
 
Mountain Ridge Ramkiekie
Ramkiekie

Vir die wat bak en brou, groentetuin versorg, handwerk, inlê of spek skiet – Ramkiekie Plaasmark bied vir jou geleenthied om aan die einde van elke maand by Mountain Ridge kelder (Wolseley) te kom uitstal!

Ramkiekie Plaasmark gaan ‘n bymekaarkomplek wees vir mense wat ‘n afsetpunt vir hul produkte soek en ook vir die gemeenskap om hul varsprodukte en geskenke te koop.

Ons gaan ‘n besonderse feestelike atmosfeer skep met bankies, tafels, musiek en dekor vir die wat net ‘n ontbyt of ‘n glasie de Liefde wyn saam met vriende en familie wil kom geniet.

Mountain Ridge kelder is ‘n ideale lokaal aangesien dit ‘n veilige omheinde area is wat die ongewenste elemente uit hou en waar die kinders op hul eie kan rondbeweeg en speel.

‘n Plaasmark vir die hele vallei van Worcester tot Wellington, Goudini tot Gouda. Uit die Witzenberg distrik vir Jan Alleman!

Ramkiekie Plaasmark, met Liefde!

Wanneer
11 Februarie 2017
11 Maart 2017
8 April 2017
13 Mei 2017
10 Junie 2017
8 Julie 2017
12 Augustus 2017
9 September 2017
14 Oktober 2017
11 November 2017
9 Desember 2017

Ramkiekie Plaasmark
Ramkiekie Plaasmark